Domenico Ghirlandaio

Domenico Ghirlandaio
Gebore 1449
Florence, Italië
Sterf 11 Januarie 1494 (op 45)
Florence, Italië
Nasionaliteit Italiaans
Veld Skildery
Beweging Renaissance
Werke Skilderye in: Kerk van Ognissanti, Palazzo Vecchio, Santa Trinita, Tornabuoni kapel in Florence en Sixtynse kapel, Rome

Domenico Ghirlandaio (144911 Januarie 1494) was 'n Italiaanse skilder van Florence wat tydens die Renaissance aktief was. Hy het baie vakleerlinge gehad, waaronder Michelangelo en Francesco Granacci. Hy het self onder Verrocchio gestudeer en dié se invloed kan bespeur word in Ghirlandaio se vroeë werke.

Ghirlandaio het as 'n skilder van die Florentynse skool veral godsdienstige werke geskilder. Hy het ook saam met ander beroemde skilders soos Botticelli, Perugino en Signorelli muurskilderye in die Sixtynse kapel in Rome geskep van 1481 - 1482.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy